Childhood Diseases

Question
Posted by: Nuwe ma | 2009/02/25

Q.

Bokmelk

Hallo dokter,

Ek het Maandag vir dokter geskryf oor die gebruik van Tropika sap, en genoem dat my 7 maande oue dogtertjie op Isomil 2 is en vreeslik hardlywig is.

Dokter het aanbeveel dat ek Bokmelk vir haar probeer. EK het nou by Spar vars bokmelk sowel as die formule bokmelk gekry.

Watter een moet ek gebruik? EK het nou op die internet rondgesoek en dit klink of vars bokmelk gebruik mag word, maar ek is nie seker nie. Ek lees ok dat die formule bokmelk babas vet maak (sy is reeds ' n groot baba, 10kg).

Wat dink dokter, watse een is die beste?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die formule melk is die beste.Sorg dat sy 'n vitamiene stroop met foliensuur elke dag as aanvulling gebruik.Vra vir jou apteker.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Anonymous | 2009/05/10

Reply to Anonymous
Posted by: Mommy | 2009/02/25

My seuntjie is al van 6 maande af op bokmelk (die Heidi bokmelk in die blik) - dis nie ' n formule melk nie. Hy is nou 2jr en baie gesond en glad nie oorgewig nie. Die vars melk raak bietjie onprakties as jy bv. weggaan vir ' n naweek en dis ook nie altyd in voorraad nie. Party takke van Woollies hou dit ook aan, maar ek het baie gesukkel om altyd daarvan te kry. Die Heidi melk kry jy by SPAR en party takke van Pick n Pay. My pediater het aanbeveel dat ek net ' n vitamine druppeltjie gee saam met die melk, want dit het geen B-vitamine nie.

Reply to Mommy

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.