Childhood Diseases

Question
Posted by: Riana | 2010/02/11

Q.

Bleekheid

My 4-jargie seuntjie lyk besonder bleek met kringe onder sy ogies. Hy is ' n baie lewendige en vrolike kind en kom wel moeg voor, alhoewel dit hom nie keer om te speel en hardloop saam met sy maats nie. Hy is in ' n goeie roetine, eet en slaap baie goed, drink baie water, is baie gesond en kla nie oor enige iets nie. Al wat ek wel kan noem is dat hy verskriklik baie sweet, vandaar ook die liters water wat hy drink. Kan dit wees dat hy te veel water drink/te veel sweet en dus voedingstowwe verloor? Ek gee vir hom ' n multivitamien. Of is dit dalk ' n ystertekort? Ek hou nie van yster gee nie, omdat dit hulle so hardlywig maak. Moet ek hom liewer laat toets of moet ek hom net dophou omdat sy gedrag heeltemal normaal is?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou seun se voorkoms kan miskien as gevolg van 'n yster tekort wees. Die beste sal wees om sy bloed te toets.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: ESME | 2010/02/11

TOE MY SEUNTJIE DIESELFDE SIMPTOME GEHAD HET, HET ONS SY YSTER EN SUIKER LAAT TOETS. EN SY YSTERVLAKKE WAS INDERDAAD TE LAAG. DAARNA WAS HY VIR 4 MAANDE OP FERIMED.

Reply to ESME

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.