Childhood Diseases

Question
Posted by: lee | 2011/01/18

Q.

Blaas - Tofranil

Goeiedag Dokter,

Ek het al baie vantevore u geraadpleeg ivm my amper 6 jarige seun se probleem. Hy word nie wakker in die nag om te urineer nie. Hy is al vir die afgelope 4 maande op Tofranil, en daar was in die 2de en 3de maand verseker ''n groot verbetering. Die afgelope 2 weke gaan dit weer beroerd. My vraag is - Is dit nodig om ''n uroloog te raadpleeg? Hoe toets mens of hy ''n blaas/pypie probleem het? Ek weet ons moet na ''n uroloog gaan - maar hoe gaan die uroloog dit toets? En my volgende vraag - As hy nie ''n blaas/pypie probleem het nie, wat dan??

ASB dokter.... ek het u raad nodig.

Baie dankie :-)

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is byna seker dat daar geen erge probleem is met jou seun se blaas, net dat die spier en klep waar die pypie van sy blaas uitloop nog nie sterk genoeg is nie. Dit sal met tyd vanself regkom.Omtrent 10% van seuns wat ses jaar oud is sukkel nog met hierdie enurese probleem. Daar is ander behandeling vir enurese wat veilig en effektief is. Jou seun kan net so wel deur sy pediater behandel word en dit is nie nodig om die uroloog weer te raadpleeg in die verband.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.