Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenn | 2013/01/14

Q.

Bio Strath

Hallo Dr.
Hoe weet mens wanneer om ''n kind te laat toets vir hipperaktiwiteit?
Kan ek vir my seuns van 5 en 2 bio strath gee?
Ek gee op die oomblik geen vitamine nie maar wil so gou moontlik begin.
Twee jarige is ''n slegte eter en die ouer een is ''n slegte slaper.
Hy is soms na 11 die aande nogsteeds wakker. Ons stuur hom 9 uur bed toe en dan le hy meestal wakker tot amper 11 uur. Hy het geen stimulasie in daardie tyd nie, hy le net wakker in sy donker kamer. Hy is glad nie bang nie. Dis asof hy net nie kan slaap nie. Het al Melatonin gebruik maar het nie gewerk nie.

Albei is verskriklik woelig en klim en klouter en swem heeldag oor naweke. In die week is hulle net so besig by die dagsorg.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moontlik om kinders vir hiperaktiwiteit te toets wanneer hulle 5 jaar oud is.
Albei van jou seuns kan Bio Strath neem.
Dit is beslis moontlik dat jou seuntjie wat twee jaar oud 'n ADHD problem het. Sy slaap patron is baie sleg en hy is verskriklik woelig. Ongelukkig het melatonin glad nie gewerk nie. Die beste sal wees om sy pediater te vra om hom ook te ondersoek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2013/01/16

Ek het 3 seuntjies, en die woeligheid is nogals normaal. Myne is 2, 4 en 7. Wat my net opval is dat jou seuntjies baie laat gaan slaap. Meestal is kinders se '''' cue'' ongeveer 19h30-20h00, en as mens dit mis dan kan hulle nie aan die slaap raak nie. Ek sou jou sterk aanraai om hulle vroeer in die bed te sit. Slaap jou 5-jarige nog? indien wel is dit ''n baie goeie rede vir sy wakkerle.

Jy sal moet mooi kyk na hulle dieet ook. Aaan afleibaarheid en hiperaktiwiteit is in BAIE gevalle agv ''n ongepaste dieet. Die grootste culprits is verfynde kosse met preserveermiddels en veral kleurmiddels in. Kyk MOOI na sappe - slegs die 100% sappe wat nie natrium benzoaat bevat nie is gesond, en dit moet helfte met water verdun word. Worsies en koue vleis moet baie beperk word agv die nitriete en nitrate. Meeste jogurts, behalwe Woollies s''n bevat kleurstowwe en ander middels wat baie bekend is dat dit hiperaktiwiteit of hiperkinese kan veroorsaak. So pas eers hulle slaaptyd en dieet aan, en kyk dan na 3 maande hoe dit gaan.

Sterkte!

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.