Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2010/12/06

Q.

Bekommerd: 23 maande seuntjie

Middag dokter,

My seuntjie het `n mangel/adenoid operasie gehad op die 1 Desember 2010. Hy het dit nogal verbasend goed gevat die eerste dag en nogal goed geë et. Maar by vrydag het hy bietjie minder geë et, vandag het die eetlus darem weer klein bietjie opgetel. Maar wat my nou nogal erg bekommer, hy hoes vanaf Woensdag aand af verskriklik in die nag, nog elke aand. Gisteraand het ons die ENT gebel en hy het gesê  dit is nie reg dat hy so hoes nie. en dat ons vroeg vanoggend hom by die pediater moet kry. Die ENT het ook voorgestel ons gee hom 3ml Celestamine stroop sou hy weer hoes en wakker word deur die nag. Ons het dit vir hom gegee.

Het hom vanoggend by pediater gehad, en hy sê  my seuntjie se keel lyk nie te goed nie, hy sê  daar is baie slym en stuff. Nou ek weet glad nie wat is die stuff waarna hy verwys nie. Hy het Bisolvan, Preflam en Andolex spuit voorgeskryf. En gesê  sodra my kind koors kry sal hy hom moet op `n antibotika sit. Ek haat al die medisyne, en ek wens alles wil nou regkom. Ons as ouers is al erg gefrustreerd.
Hoe lank gaan dit vat voordat hy heeltemal gesond is, en is die Preflam regtig nodig. Hy is ook nog op Deselex en Singulair 4mg.

Jammer vir die lang post, maar weet net dat ons as ouers dit baie wardeer.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is belangrik om te verstaan dat die plek jou seuntjie se keel waar sy magels was is nou baie rou en geswel na die operasie. Dit kan maklik 14 dae neem om heeltemal te genees. Sy keel sal ook redelik seer en sensitief wees vir minstens 5 tot 6 dae na hierdie operasie. Die Preflam is baie veilig en sal help om die swelsel en pyn te verminder. Gebruik ook Salex neusdruppels in sy neus om die sluim en swelsel binne sy neus te help genees.Die Andolex sal ook baie help.Hou aan met die Singulair maar die Deselex is nie nodig nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.