Childhood Diseases

Question
Posted by: Dad | 2008/11/26

Q.

Bekommerd

Hi Doc,

My dogtertjie word `n jaar oud oor `n week.Sy drink goed en het goed ge-eet to so paar dae terug.Nou is ek nie seker of dit haar tandjies is wat dit kan veroorsaak nie en of dit iets anders kan wees nie.Sy was in die week by haar pediater wat haar volledig ondersoek het en toe niks fout gevind het.Dis net asof sy nie wil eet nie en hou heeltyd haar mondjie toe.Sy het al vier haar eerste bo-tande gelyk gesny en het nog net twee onder,lyk amper of die ander twee onderstes ook wil deurkom.Sy het asma en is allergies vir melk.Ons gee haar tans Isomil 2.Sy is ook redelik huilerig die laaste paar dae.Dis ons eerste kleinding en ek weet nie of dit dalk net `n fase is wat hul deurgaan met die tande of wat dit kan wees nie.Alles lyk normaal dis maar net die eet en die huilerige buie.Ek is ook bekommerd oor haar gewig.Sy weeg nou eers 8.1KG,moet bekommerd wees?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die gemiddelde gewig vir 'n baba van 12 maande is byna 10kg.Ek is dus ook bekommerd oor jou baba se gewig asook haar ander huidige simptome. Die feit dat sy nie wil eet nie kan miskien toegeskryf word aan tandekry. Ek weet dat sy onlangs ondersoek is deur haar pediater, maar dit is nodig om weer terug te gaan. Spesifiek moet gevra word oor haar gewig en ook oor 'n diagnose van die rede vir haar simptome.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.