Childhood Diseases

Question
Posted by: Gina | 2010/02/25

Q.

Bednatmaak - raadop...

Goeiedag Dokter,

My seuntjie was Januarie 5. Ons potty train al vir ''n maand lank snags. Ek beperk sy inname na 18.00, op die laatste is hy klaar geeet en drink 18.30, maak seker hy gaan loop ''n draai 2 keer voor slaaptyd (20.00) en vat hom weer voor ek gaan slaap (om en by 21.30. Hy word glad nie self wakker om te gaan pieps nie. Ek maak hom so 3 keer per nag wakker om te gaan, maar steeds ten minste elke 2de / 3de aand maak hy sy bed nat. Dit is asof hy te diep slaap om wakker te word om te gaan. Sy peadiater het gese mens moet eers na 6jr bekommerd raak, maar ek weet nie...

Wat kan ek doen?

Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou seuntjie is klaar 5 jaar oud.Dit is nou tyd om sy enurese te behandel.Indien hy nog 'n jaar moet wag om behandeling te begin sal hy klaar op skool wees en dit gaan probleme skep.Gesels weer met sy pediater.Indien hy/sy nog weier om behandeling te begin sal dit nodig wees vir 'n tweede opinie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.