Childhood Diseases

Question
Posted by: Susan | 2012/03/15

Q.

Bednatmaak

Subject: Bednatmaak
Posted by: Susan | 15/3/2012
My kleindogter van 3jaar 3maande is nou sowat 5maande van die doeke af en daar is geen probleme bedags nie maar sy maak snags die bed nat. Ons beperk die hoeveelheid wat st saans drink en sy gaan toilet toe voor sy gaan slaap maar so teen 2uur snags is sy nat. Ons sukkel om haar wakker te maak sodat sy voor daardie tyd ( so omtrent 11uu/12uur ) die toilet kan gebruik.
As ons haar wel wakker kry is sy gewoonlik baie omgekarp/huilerig en wil die meeste van die tyd nie piepie nie.

Ons maak regtig ''''n ophef daarvan as sy wel droog is in die oggend en raas nie met haar as sy nat is nie.

Kan ons vir haar saans Enur druppels gee of moet ons dii nog kans gee ?

Sy is ''''n gelukkige dogtertjie gaan goied aan in die kleuterskool en is gesond.

Ek sal regtig u hulp waardeer.

Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort probleem kom baie dikwels voor onder kinders van hierdie ouderdom.Jou kleindogter se bednatmaak word ''enurese'' genoem. Tot dusver is sy heeltemal reg behandel maar sonder enige verbetering.Ongekukkig is sy nog te jonk vir die gebruik van enige mediese behandeling vir enurese.Probeer wel die Enur druppels wat gewoonlik baie veilig is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.