Childhood Diseases

Question
Posted by: peewee | 2011/02/18

Q.

bed natmaak

My kleinkinders is met die ouderdomme van 8 en 5 jaar oud. Altwee maak nog elke nag bed nat. Hul ma het hulle al op pille gehad maar dit het n newe effek op hulle gehad. Hulle het nog tot onlangs elke nag doek gedra. Nou staan hulle elke nag so 3 keer op om die kinders toilet toe te vat. Is daar nie iets anders wat hulle kan doen nie. Hulle is almal moeg in die oggend want niemand kry ordentlik slaap nie. As hulle by my bly staan ek nie vir hulle op nie en dan is hulle so uitgerus. Twee uur na hulle gaan slaap het is die bed in elk geval nat. Dit maak nie saak of hulle niks of baie gedrink het nie. En om 3 keer n nag skoon beddegoed op te sit is ook belaglik.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is beslis 'n baie groot probleem met jou kleinkinders se enurese, veral jou kleinkind wat al 8 jaar oud is.Hulle moet deur 'n pediater behandel word. Altwee is oud genoeg vir mediese behandeling. Daar is heelwat effektiewe middels beskibaar om enurese in kinders te behandel.Hulle moet verkieslik deur 'n pediater met spesiale ondervinding met niersiektes in kinders.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.