Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerd | 2010/02/07

Q.

Bang/Vrees

Ek wil graag weet watter effek " geweldadige"  (waar daar geskiet word, harde ontploffings, brande, geskree van mense ens.) flieks op ' n 3 jarige het en of dit dalk die rede is dat my kind bang is om alleen te gaan slaap (al brand die lig) of alleen iewers in die huis moet speel as ek met iets anders besig is. Ek moet naby haar wees of haar vashou as sy gaan slaap. Niks traumaties het met haar gebeur nie en sy kry baie liefde en aandag.
Ek kyk glad nie sulke flieks nie en ek glo dat ' n kind van 3 se brein nie sulke beelde kan verwerk soos ' n grootmens nie en dat dit haar skade kan aandoen. Die mense dink ek praat nonsens en dat ek mal is en dat dit nie ' n uitwerking op haar kan he nie. Is ek verkeerd?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy is heeltemal reg en daar is al baie geskryf oor die effek van geweldadige flieks op jong kinders. Jou dogter se slaap probleem en die feit dat sy nou bang is is tipies van die simptome deur jong kinders ontwikkel word as gevolg van blootstelling aan hierdie soort flieks. Lees meer op Google: 'the effects of violent movies on young children'

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.