Childhood Diseases

Question
Posted by: mamma van die strand | 2009-01-26

Q.

baie min bloed in stoelgang by my kind

hallo almal, ek het gistermiddag laat my dogterjie (21 maande oud) se doek omgeruil na sy ' n nommer 2 gehad het, en het opgemerk dat daar bloed in was, dit was baie min maar dit was defnetief bloed. by min bedoel bedoel ek so 4mm strepie en dit was effens slymerig. ek kan nie dink dat die bloed die oorsaak gewees het van haar anus wat geskeur het toe die nommer 2 uitgekom het nie, ek het gekyk. sy het so ' n uur daarna weer ' n nommer 2 gehad, maar die keer was dit pap en loperig en effens groen van kleur. ek het gekyk of ek weer bloed kon sien maar daar was niks nie. dit was nie ' n brand-poefie (soos ek dit noem) nie maar dit het vreeslik sleg geruik. sy het nog nie weer ' n nommer 2 gehad nie en het geen ander simptome soos koors of maagpyn of krampe nie en het baie lekker en deurnag geslaap soos altyd. sy wou nie gisteraand eet nie, maar het haar 250ml melk alles opgedrink waar sy voorheen net so 200ml drink voor slapenstyd. sy het vanoggend ' n gesonde eetlus gehad en het al haar oats pap opge-eet. sy is bedags by my ouers en nie in ' n dagsorg nie en ek het my ma hiervan ingelig. sy klink nie juis bekommerd nie, moet ek bekommerd wees? mamma van die strand

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Word hierdie vraag aan die pediater gerig of aan 'almal'? Hierdie baie goeie beskrywing van die klein hoeveelheid bloed in jou baba se stoelgang help baie om jou vraag te beantwoord. Daar is byna geen twyfel dat dit deur 'n baie klein skeurtjie van die anus veoorsaak is.Die daarop volgende stoelgange was min of meer normaal en vandag is jou baba weer heeltemal gelukkig en die skeur het seker vanself genees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.