Childhood Diseases

Question
Posted by: Worried, Help | 2010-09-22

Q.

Baby not sleeping

My seuntjie is 1 jaar en 9 maande oud. In die aande gaan slaap hy rustig in sy eie bedjie in sy eie kamer tot so tussen 12 en 3 die oggend dan word hy wakker met ''n snikkende gehuil.

Hy weier eenvoudig om weer te gaan le in sy eie bedjie. Dan vat ek hom na ons kamer toe sit hom dan ook in sy eie bedjie wat by ons staan, en meeste van die kere dan huil hy tot hy aan die slaap raak. Party keer gebeur dit ook dat hy so erg huil dat ek hom maar vat en by my in die bed sit tussen sy pa en my. (Dit wil ek ook nie baie laat gebeur nie, want hoe gaan ek hom later weer in sy eie bed kry.)

Wat kan die verskriklike huil veroorsaak en dat hy nie wil deur slaap nie. Hy het al vroeg so oud soos 7 maande al begin deur slaap en tot nou die winter toe het dit ook goed gegaan tot die laaste maand of twee.

Ek is tans swanger met die tweede ene, is dit dalk dat hy bedreig voel deur die tweede ene wat oppad is? Help my asb. Ek weet nie meer wat om te doen om hom genoeg moedsrus te gee om deur te slaap nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die is moeilik om seker te wees oor die rede dat jou seuntjie skielik elke nag wakker skrik. Dit is miskien as gevolg van 'night terrors' wat dikwels voorkom onder kinders van hierdie ouderdom.Hy moet ook nie toegelaat word om jou bed in te klim.Wanneer hy wakker word is dit nodig om na hom te gaan, hom gerus te stel.Hy moet in sy bed bly.Moet ook nie te lank in sy kamer bly nie.'Night terrors' is gewoonlik net 'n stadium wat baie kinders deurgaan en later heeltemal ontgroei.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.