Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012/09/14

Q.

Baba van 7 Maande sukkel met sinus

Goeie dag,

My seuntjie is 7 maande hy sukke vreeslik met sinus so erg dat sy ogies ook uitloop. Wat kan ek vir hom gee behalwe om hom dr toe te vat vir antibiotika asb? Ek spuit sy neusie met sout neussproei stoom hom met soutwater en dan suig ek sy neusie uit met baby vac. Is daar n stropie wat ek hom kan gee soos bv deselex en indien wel hoeveel gee ek vir hom? Hy kry dit baie gereeld daarom wil ek nie hom weer dr toe vat nie dr gee elke keer antibiotika maar dit los nie die oorsaak op nie. Ek het sy melk ook nou verander na Isomil so hopelik sal dit dalk ook help. Hy hoes ook slymerig as hy le.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Babas van hierdie ouderdom se sinusse het nog nie ontwikkel nie, dus is dit onwaarskynlik dat jou baba enige sinus onsteking het.Ek vermoed dat hy vergrote adenoiede en ontsteking van sy adenoiede het.Die gewone behandeling wat al klaar gebruik is, het byna glad nie gehelp nie. Dit is nodig om 'n ONK spesialis te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.