Childhood Diseases

Question
Posted by: Anieka | 2010/01/12

Q.

Baba sukkel om vanself te slaap

Ek wil asb net raad oor die volgende 2 dingetjies hê , my baba seun is vrydag 21 weke oud ek sukkel elke keer met hom om te slaap, hy is moeg en vryf sy ogies en sy ogies raak tot rooi maar hy stry teen sy slaap ek moet hom vir ure sis en begin nou half ongeduldig raak daarmee ek kan hom ook nie net in sy kot sit nie want dan begin hy met homself te speel en later begin hy huil. Hy het ook nou sy stem agter gekom en gil vir alles, veral as hy vaak word, as hy partykeer huil dan gil hy ook meer, ek weet nie of ek al met hom kan raas en sy boud piets nie maar dis vir my ' n lelike manier van hom. Dankie vir al u raad.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Moet beslis nie eers dink om jou baba se boud te piets of met hom te raas op hierdie ouderdom nie. Dit is nou die ouderdom wanneer babas sukkel met tandekry. Ek vermoed dat hy boonop 'n ander probleem het wat hom uit die slaap uit hou. Hy het moontlik 'n probleem met refluks en sooibrand. Probeer Gaviscon Liquid 2.5ml soggens en saans na sy voedings en sien of hy makliker aan die slaap raak. Indien nie sal dit nodig wees om sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Nolsie | 2010/01/13

Kinders grootmaak is nie pret nie maar ons moet ons kinders met liefde en deernis grootmaak sodat hulle dieselfde eendag sal toepas. Ons lewens is baie kort en troetel en sus solank jy kan want voor jy weet is hy groot, dit is soos ' n oogwink. Dink net hoe lekker is dit vir hom om gesus te word en hy huil om dit te kry. Al is dit moeilik gaan voort met jou goeie liefde en begrip jy gaan hom nie meer baie lank sus nie, hy wil naby jou wees.

Reply to Nolsie
Posted by: Selfde probleem gehad | 2010/01/12

Ek het dieselfde probleem met my dogtertjie gehad, party babas sukkel om te ' self soothe'  en dis iets wat hul moet aanleer.

Ek het die fout gemaak om haar te sis die hele tyd, so nou op amper 2 jaar is dit nogsteeds ' n gesukkel.

Ek glo vas dat jy hom nie moet piets of met hom raas nie, want hy is te klein om te verstaan.

Babas het baie liefde en aandag nodig, so sis hom maar bietjie en praat saggies met hom. Maar as hy baie moeilik is, laat hom so bietjie huil vir ' n rukkie, maar nooit te lank nie.

Onthou net, party babas is so. EN hul verstaan nie hoekom ons ongeduldig raak nie.

Sterkte!

Reply to Selfde probleem gehad

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.