Childhood Diseases

Question
Posted by: Rosemary | 2012/04/24

Q.

Baba slaap nie meer deur nie

Dokter help asseblief! My baba is nou amper 8 maande. Ongeveer 2 weke gelede het hy babamasels gehad en sedertdien is sy eet- en slaaproetine heeltemal omgegooi. Hy slaap al van 5 maande deur maar na die babamasels word hy ten minste 3 - 4 keer ''n aand wakker en waar ''n dummy in die verlede gehelp het dat hy rustig raak en verder slaap, help dit nou niks nie. Hy slaap ook al van dag een af in sy eie kot maar nou, hier teen 3h is ek al so moedeloos dat ek hom maar by my laat slaap. Wat kan ek doen dat my baba weer in sy roetine kan kom? Hy eet goed en drink borsmelk. Ons is moeg en moedeloos gesukkel!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat dit die onlangse babamasels siekte wat jou baba se slaaproetiene omgegooi het.Voor dit het hy altyd deur geslaap.Hy sal gou weer na sy oorspronklike roetine terug gaan, maar dit is belangrik dat jy intussen nie nuwe probleme begin nie. Dit is veral nodig dat hy nou leer dat hy nie by jou kan slaap indien hy in die middel van die nag begin huil.Dit is seker dat hy in die nag nie honger is nie.Hy eet en drink goed na sy onlangse siekte.Hy moet in sy kot slaap en dit sal nodig wees om snags vir 'n nag of twee die 'controlled crying' metode te gebruik [kyk op Google]

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.