Childhood Diseases

Question
Posted by: Kitty | 2012/03/09

Q.

Baba slaap nie deur

Hi Dok.
My seuntjie is nou 4 maande, hy''t vir lank begin deur slaap in die aande. Nou deesdae word hy elke nag tussen 2 en 3 uur wakker, dan gee ek vir hom melk, dan slaap hy weer. Ek het gedink dis dalk tande, maar hy skree nie as hy wakker word dat mens kan agterkom dis tande nie. Toe dag ek, dalk maak die melk hom nie meer vol nie (hy drink 180 ml op die oomblik, NAN H.A). Toe het ek begin vir hom net so lepeltjie of wat rys pap te gee so 6 uur in die aande, en dan sy bottel weer so teen half 9, maar hy word steeds wakker. En wanneer hy wakker is, is hy huilerig en skree soos ''n dogtertjie. Teejel help nie, die poeiers vir die tande help nie. Ek sien geen tande wat deur kom nie, alhoewel hy maar alles wil mond toe vat en kou, en bietjie kwylerig is, maar die uitermatig nie. Ek kan die wakker word nie meer vat nie, ek is permanent moeg. Hoekom nou eweskielik word hy wakker waar hy deur geslaap het omtrent nog tot 3 of 4 weke terug? Is daar ander goed vir tande wat beter werk, en hom bietjie rustiger sal maak? Hy was so soet en rustig, nou maak hy my mal???

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die feit dat jou baba skielik begin gereeld elke nag tussen 2 en 3 uur wakker word kan aan die feit day hy besig is om tande te kry en ook miskien aan 'n gewoonte wat hy nou ontwikkel het.Hy het beslis begin met tandekry maar dit is nie die hele storie nie. Teejel is gewoonlik een van die beste middels vir tandekry in babas.Miskien word hy nog honger in die middel van die nag al het hy begin met vaste kos.Probeer snags Novalac SD [sweet dreams] vir sy laaste voeding voor hy gaan slaap of nog beter sy half nege voeding. Dit behoort hierdie problem op te los.Indien hy allergies is vir melk kan hy nie die Novalac SD gebruik nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Samantha | 2012/03/26

My baba is 6 maande en word tussen 10 en 12 keer per nag wakker. Ons het al als probeer. Ons het hom op S-26 nommer 2 gesit en hy eet ook al baba pap en Purity. Selfs laventel olie en allerhande kalmeer stropies help nie meer nie. Ons kan nie so aan gaan nie. Ons is alby moeg en het net nie meer raad nie.
Help asb.

Reply to Samantha

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.