Childhood Diseases

Question
Posted by: jennifer | 2010/11/03

Q.

baba, slaap en voedings raad

Hallo dokter. My baba is nou 7 weke oud. Hy gebruik op die oomblik Losec en Iberogast vir sy reflux en krampe. Ek het ook onlangs begin met Probiflora poeier en dit gaan nou baie beter met hom. Al wat my nou pla is dat hy baie korter en minder drink as voorheen. Hy het tot en met ''n week terug omtrent 15 - 20 minute gedrink aan my en dan het ek tussen in winde uitgevryf en hom dan aan die ander bors gesit. Nou drink hy omtrent 5 minute aan slegs een bors en slaap dan vir 4 ure aaneen. Sal hy wakker word as hy honger is, of moet ek hom na 3-4 ure wakker maak? Dis baie warm by ons so ek het al gewonder of dit nie dalk die hiitte is nie. As hy drink dan drink hy baie gulsig maar ook omdat die melk in sy keel afspuit. Ek het al probeer om voor die voeding bietjie drukking van die bors af te kry maar hy sluk nogsteeds baie groot slukke.
Ek wil hom ook volgende week uitskuif na sy eie kamer toe aangesien ons ''n waaier in ons kamer aansit en ek is bang hy kry koud daarvan. Een probleem is dat daar baie muskiete is wanneer die waaier nie aan is nie en dus sal daar in sy kamer ook wees. Is die muskiet aparate wat mens inprop by die kragprop gevaarlik vir babas? Ek wil dit graag vir my kleuter se kamer ook kry maar hy het ''n dakwaaier in sy kamer wat dus keer dat die muskiete hom byt. Wat kan ek dus vir die baba kamer gebruik. Hy het al drie bytmerke op sy gesiggie.

Ek wil ook graag weet wanneer moet my baba gereelde wakker tye he. Vandat ek hom op die medikasie het slaap hy baie goed, maar ek weet ook nie of dit te veel is nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moontlik dat die Iberogast miskien veroorsaak dat jou baba langer slaap en ook gou moeg word wanneer hy aan jou bors drink.Losec het gewoonlik nie hierdie newe effek nie.Wat baie belangrik is om seker te maak dat jou babatjie gereeld gewig optel. Indien nie sal dit nodig wees om die Inberogast te stop. Hou aan met die Losec alleen.Op hierdie stadium sal jou baba nog omtrent elke drie uur sy voeding moet neem.
Daar is min inligting oor die veiligheid van hierdie muskiet apparaat vir babas.Die beste is om hulle nie in jou baba se kamer te gebruik nie. Gebruik een van die spesiale muskiet nette vir babas

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: R | 2010/11/04

Ek is seker die dr sal meer antwoorde he, maar ek wou net se jy moenie melk uitmelk voor die baba drink nie, want dan verloor die baba die belangrike 1ste melk, en dan maak jou liggaan ook meer melk, wat die probleem net vererger. As jou melk te vinnig uitkom le net bietjie terug en laat hom so drink.

Reply to R

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.