Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012/09/11

Q.

Baba se roetine oor naweke

Prof, n nie-mediese vraag asb. Ons 15 maande oue dogtertjie is op n baie goeie roetine gedurende die week, sy gaan creche toe en moet 06:30 opstaan soggens. Sy slaap nog 1h in die oggende en 1h30 minute in middae by creche (niks later as 14:30 opstaan), eet 17:00, bad 18:30, storie en in bed teen 19:30. My vraag is, hoe kan ek haar bietjie later laat slaap oor naweke? Moet ek dan die oggendslapie wegvat en die middag slaap vervroeg? As ek dit oor naweke doen sal dit nie haar hele week routine dan weer omkrap nie? Indien die geval is dan los ek dit liewer! Ek wil ook graag teen Des (sy 18 maande) probeer om die oggend slapie weg te haal as sy bietjie later kan slaap in die vakansie, maar hoe gemaak as sy weer creche toe moet gaan en 06:30 moet opstaan? Of pas hulle sisteme self hierby aan?
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit gaan baie moeilik wees om jou dogtertjie se roetiene skielik te verander. Jy kan probeer om haar middag slaap te vervroeg oor naweke, maar ek is bekommerd dat dit haar roetiene deur die week ook sal beinvloed.Jou dogtertjie se huidige roetiene is baie goed behalwe dat sy elke oggend vroeg wakker word. Miskien sal sy self aanpas wanneer dit vakansie tyd is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.