Childhood Diseases

Question
Posted by: Cindy F | 2008/11/12

Q.

Baba se groei neem af

My babadogter is in Februarie gebore met ' n gesonde gewig van 3,4 kg. Sy het mooi gegroei op die 50ste persentiel. Toe ek haar gister vir haar 9 maande inspuitings neem, was haar gewig op die 25ste persentiel en het haar gewigstoename begin afplat. Sy was onlangs by die pediater vir gastro en het hy haar volledig ondersoek en niks fout gevind nie. Die klinieksuster het gesê  ek moet dit dophou, maar ek is bekommerd. Baba eet baie goed en drink Nan Pelargon, sy drink ook baie goed. U raad sal baie waardeer word.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is geen rede vir kommer nie.Dit gebeur baie dikwels dat 'n baba se gewig tussen die 50 en 25 % op en af gaan veral na 'n gastro episode. Sy is reeds deur die haar pediater ondersoek en sy was moei gesond. Boonop eet sy goed en drink ook goed.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.