Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012/02/22

Q.

Baba op Novolac SD nog steeds 7 keer wakker snags

Prof, ek het my baba dogtertjie (81/2 maande, 9,5kg) verlede week oorgesit op Novolac 2 deur die dag en gee die Novolac SD vir die aand bottel soos u voorgestel het. Sy drink die melk baie goed en eet nou weer deur die dag goed maar sy is nog steeds 7 tot 8 keer per nag wakker! Nou weet ons nie meer nie! Met wakker bedoel ek dat sy huil, dan moet ons die dummy insit, haar omdraai of soms drink sy bietjie water en dan slaap sy weer. Ons hoef haar nooit op te tel of te sus nie, maar sy slaap vir maks 2 ure op n slag dan weer wakker, soms elke uur/ half uur wakker. Is dit nou tyd vir " sleep training" ?? Sy slaap haar 3 - 4 ure deur die dag goed en is baie gesond! Baie dankie vir die raad oor Novolac, ten minste is die voeding/ eet probleme opgelos!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is bly om te hoor dat minstens een probleem opgelos is. Daar moet 'n ander rede wees dat sy snags so dikwels wakker word. Ek vermoed dat sy 'n refluks probleem het. Dit is tyd om haar pediater te raadpleeg om die diagnose te maak en haar op behandeling te begin.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.