Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenn | 2010/10/06

Q.

Baba Insmeer en baba " sling" 

Hallo dok. Een van die tea ladies by my werk het my vertel dat hulle hul kinders insmeer en op hul rug dra en hul kinders sukkel nooit met winde en krampe nie.
Voor my baba se geboorte het sy vir my ''n geskenkpakkie gegee met 3 produkte wat sy op haar kinders gebruik het as sy hulle ingesmeer het en sy het my verduidelik hoe mens dit doen.
My baba is op 36 weke gebore en is nou 3 weke oud. Ek borsvoed hom en hy gaan goed aan. Hy was 2.4kg by geboorte en is nou 2.9kg. Hy kreun en steun vreeslik baie na drinktyd, maar net as ek hom neerle. As ek hom vashou dan is daar niks fout met hom nie. Ek het sy matras ook bietjie gelig dat hy nie so plat le nie. Ek sukkel ook om sy winde uit te kry en teen die tyd wat dit uit is is hy weer wakker en wil dan gesus word.
Ek wou hom nie insmeer met die produkte nie want ek is te bang om enige iets aan sy lyf te smeer.
Sy het vir my Rooilaventel, Entressdruppels, en olyfolie gegee en gese ek moet ''n teelepel van elk meng en bietjie warm maak en hom daarmee smeer.
Wat is dok se opinie hieroor? Kan ek iets anders soos babaolie eerder gebruik? Help dit vir winde en krampe?

Ek wil ook graag weet of die nuwe baba " slings"  goed is vir baba. Een van daai nuwe goed wat mens om jou lyf draai en baba dan styf teen jou lyf vasbind. Ek wil dit probeer maar is bang my baba raak gewoont daaraan, maar ek wil hom ook gelukkig he en hy is gelukkig as hy in my arms kan le heeldag.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is nie ten gunste van die gebruik van enige van hierdie smeergoed nie.Ek weet dat hulle jare lank al gebruik is maar hulle is nooit deeglik getoets om vas te stel dat hulle geen newe effekete in babas mag veroorsaak nie.Ek vermoed dat jou baba tans sukkel met 'n refluks probleem. Dis die rede dat hy verkies om op te lig te wees. Die beste sal wees om jou pediater in die verband te raadpleeg. Die slings is gewoonlik goed en veilig.Jou baba sal nie gewoond raak aan die sling nie maar moet hom nie aanhoudend in die sling ronddra nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Purple | 2010/10/07

With breast feeding, most of the wind only comes up about ten minutes after you have finished feeding as it is from digesting, so winding before this doesn''t really help. Try feeding, changing nappy, rocking baby a bit and then rubbing back until some winds come up.
Bottle fed babies need to be winded during and after feeds because they suck in air while they feed - breastfed babies that are latched on properly and haven''t cried for ages before being fed don''t.
Yes, they will sometimes have a wind during a feed - don''t we all need to burp during a meal sometimes? but mostly it is only once the milk starts digesting that the winds start coming up.

Reply to Purple
Posted by: Crys | 2010/10/06

I dont see anything wrong with smeer the baby I have been doing this with my son since I got home from hospital and had no major problems with winds. And you dont even have to heat it up just rub the mixture between your hands, as long as they are not consuming it. My mother in law insist on doing this smeer/massage and I think it helps with the winds. Dont know about baby sling. Just my 2cents. I also breast feed.

Reply to Crys

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.