Childhood Diseases

Question
Posted by: Pamela | 2008/05/27

Q.

Baba huilerig van 18h00 uur af..

My kleindogter is 27 mnde en is huilerig en moeilik vandat hul saans by die huis kom.
As sy moet eet, bad en aangetrek word huil sy en is moeilik. Slaaptyd is gewoonlik 20h00 en dan sal sy tussen 2 en 3 uur die oggend wakker word, huil, en wil dan nie getroos word nie, klink vir my na pure stout. Gee asb raad, wat moet ons doen? Pakslae gee? of na haar kamer stuur??? Dankie vir al u vorige raad.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hoekom is die eerste oplossing vir enige probleem met kinders altyd 'n pak slae? Hoe sal dit dan hier help? Dit sal haar gedrag net vererger. Daar is erens 'n rede vir jou kleinkind se gedrag. Miskien is sy baie ongellukig by haar creche of miskien is dit 'n tydelike probleem met nagmerries. Dit is nodig om uit te vind of daar 'n rede is vir haar gedrag. Wees baie geduldig en alles sal regkom.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.