Childhood Diseases

Question
Posted by: Moedelose Mamma | 2009/04/29

Q.

Baba huil baie

My babaseuntjie is nou 20 weke oud. Ek borsvoed hom. Hy het ewe skielik die afgelope maand begin om te baklei en te huil wanneer die voedingstyd is (selfs al is hy honger). Met ' n gesukkel kry ek hom uiteindelik om te drink. As ek vir hom ' n bottel met borsmelk aanbied, drink hy dit sonder enige teenkanting.
Hy is ook die afgelope 3 weke baie meer huilerig. Sonder enige rede - hy' s nie honger, nat of siek nie. En dis asof hy soms met niks tevrede is nie (hy' s geirriteerd) - sodra hy opgetel word is hy rustiger. Sy ' vriendelike'  / speeltyd is beperk tot hoogtens 15 min soggens en dalk 15 min in die middag. Die res van die tyd is dit ' n gekerm en gehuil. Mamma is nou al moedeloos, want ek gaan een van die dae terug werk toe en dit voel vir my ek het geen ' lekker tyd'  met my kind nie. Is dit normaal vir ' n baba van sy ouderdom om so baie te huil sonder rede?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nie normaal vir 'n baba van 5 maande aanhoudend te huil nie. Daar is minstens twee moontlike redes; eerstens dat hy nou besig is om tande te kry en tweedens dat hy moonlik met sooibrand sukkel as gevolg van refluks. Daar is ander moontlikhede maar hierdie twee is die beklangrikste. Jou baba moet deur sy pediater ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.