Childhood Diseases

Question
Posted by: Lida | 2011/07/11

Q.

Baba hou nie van groente nie

My baba is vandag 9 maande.Ons gee in die oggende vir haar pap, en probeer in die middae vir haar groente en vleis gee, maar sy is geneig om nie baie daarvan te hou nie.Sy sal so 5 happies vat en dit uit begin spoeg.Sy eet vrugte en joghurt tussen in en drink ook nog formule melk(Novalac).In die aande gee ons weer vir haar pap.Wat kan ek doen om haar eetplan vir haar te verbeter - ek is so bang daar is fout met haar dat sy nie erg is vir vleis en groente nie.Maak ek dalk die fout om te veel rond te spring tussen die groente soorte.Wat stel julle voor doen ek.Sy is ''n baie gesonde kind wat ook besig is om 3 tande te sny.Weet nie of dit dalk ook die rede is dat sy sleg eet nie.Sy tel baie mooi gewig op en daar is geen probleme daarmee nie.Help asb

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba se gewig is goed en sy is heel gelukkig op haar huidige dieet. Dit is insl haar melk wat die belangrikste van alles is.Daar is baie babas wat glad nie groente will eet nie. Probeer wel weer van tyd tot tyd om groente te vind wat sy sal eet soos bv pampoen, butternut en patat.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.