Childhood Diseases

Question
Posted by: beth | 2012/03/19

Q.

baba en trappe

Doc, my 9 1/2 maand oue baba kruip al geruime tyd en geniet die trappe in ons huis vreeslik. Sy klim baie flink op met die trappe maar wanneer sy afklim verseg sy om haar boude om te draai, so klim kop eerste op haar hande af van die trappe af! Gelukkig het ons nie styl trappe nie so sy pas haar hande en voete mooi in op die trappie voordat sy weer vorentoe voel met die hande om op volgende trap te kom! Ons het al hoeveel keer probeer om haar te leer om haar boudjies te draai, ook wanneer sy van n bed of bank wil afklim maar sy verseg, selfs van die bed en die banke af moet ons keer want sy duik eenvoudig vorentoe om met haar kop en arms 1ste af te gaan. Probleem is, dis baie gevaarlik want die bed en banke is baie hoer as die trappe en sy sal verseker op haar kom val! Enige raad? Sal dit regkom as sy begin loop? baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba is nog baie jonk en sy is vreeslik slim om al te geleer het hoe om trappe te klim. Sy moet eers 'n bietjie ouer word voordat sy sal kan leer om om te draai waneer sy die trappe wil afklim.Dit sal nodig wees om haar intussen goed dop te hou om te verhoed dat sy alleen die trappe wil klim of van 'n bed wil afklim.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Annie | 2012/03/20

Ek het my baba van voordat sy kom kruip geleer hoe om van n bed af te klim - elke keer as sy saam met my op die bed of bank was vir haar gesê : " hoe klim n baba van n bed af?"  En dan draai ek haar om (''boudjies eerste" ) en laat sak haar stadig " (stadig afgly" ) en " daarsy! so klim n baba van n bed af!"  Het ek heeltyd kommentaar gelewer.

En sy kon dit onthou voor sy geloop het. En het dit reg gedoen meestal, maar steeds soms kop eerste probeer.

Hou maar net geduldig aan. Een dag gaan jy verbaas sien sy weet hoe!

Reply to Annie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.