Childhood Diseases

Question
Posted by: Moee mamma | 2012/07/31

Q.

Baba 4 mnde slaap glad nie

Hallo prof, hoop dit gaan goed. Ek het raad nodig asb. Ek het geborsvoed en op 9 weke vir boeta elke aand met sy laaste voeding 9pm s26 gegee. Op 13 weke het ek ophou borsvoed en net s26 gegee. Hy het vreeslik erg gekramp in die aande as ek hom wil neerle en hy het vreeslik gedruk om te poo en dan kom daar niks uit nie. Ek het gelees oor novalac (for gas and fusiness) en het dit vir hom begin gee. Sy magie het mooi gereeld gegaan maar hy het steeds gekramp veral in die aande as ek hom neerle en hey melkies gespoeg (reflux). Hy is al van 6 weke op nexiam vir silent reflux van borsvoeding. Die dr het aanbeveel dat ek oorgaan novalac toe vir sy reflux. Hy kry novalac ar in die aande en novalac ir deur die dag want ek is bang sy magie raak hard van die ar. Ek het ook begin om vir hom pappies te gee (hy is nou 4 maande oud), maar die laaste week en ''n half, vandat hy op novalac is en pappies eet slaap hy glad nie in die aande nie. Hy word elke aand enige iets van half 12 af wakker en dan elke uur daarna. Hy krul en skop sy beentjies vreeslik as ek hom neerle. Eks raadop en baie moedeloos? Gisteraand was dit baie erg. Hy het elke uur wakke geword. Krul in st bed en skop beentjies. Kan dit krampe wees, maar is hy nie al te groot vir krampe nie. Hy breek ook nog nie self winde nie?

Groete
Baie moee mamma

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moeilik om seker te wees oor die antwoord vir jou vraag.Wat snaaks is dat jou baba nog die simprome van refluks het al is hy op Nexiam wat 'n baie goeie middel is vir die behnadeling van refluks.Ek vermoed dat die formules wat hy gebruik die grootes deel van sy probleem is. Stop die Novalac AR en IT formules en probeer net die Novalac SD formule.Wag tot hy 6 maande oud is voordat hy op vaste voedsel begin.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: ANNON | 2012/07/31

Hi,

Klink my ek en jy sit in die selfde boodjie. Ek het my meisie ook op S26 gehad, sy het ook baie krampe gehad, ek weet nie of dit van die melk was nie maar glo so. Elke keer as ek vir haar pap gegee het en haar maag het gepyn het ek ''n maand lank uitgestel. Ek het net na 4 maande vir haar pap begin gee en sy eet baie mooi, jy moet vir hom die Rice pap gee dis die beste om mee te begin. My baba is nou 5 maande en sy eet baie mooi skree sommer as ek met die bakkie pap aan kom, kyk omtrent die kos uit my hande, anyway, sy het ook reflux, ek het vir haar op Nan se AR gesit, dit gaan nou beter, maar sy is ook maar moeilik, haar maag het goed gegaan op die Nan AR tot 2 weke terug, begin haar maag te werk vir 2 weke lank maar sy was nie siek, ek gee net Rauteri drops of probiflora in haar melk. Sterkte, ek hoop jy kom reg.

Reply to ANNON

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.