Childhood Diseases

Question
Posted by: J | 2011-05-16

Q.

BABA

Hi

Ek het 2weke terug begin werk en my baba van 24weke moes toe begin om creche toe te gaan. Sy is van toe af niks lekker nie. Laasweek het sy begin koorsig word en van Donderdag af eet of drink sy glad nie. As ek gelukkig is kry ek dalk ''n halwe bottel melk ''n dag in haar lyf. Ons het haar Vrydag dokter toe gevat en hy het urineweginfeksie gediagnoseer en medikasie gegee. My vraag is, hoekom wil sy nogsteeds niks eet of drink nie. Sy knyp haar mondjie die hele tyd toe en maak net vir die dummy oop. Sy drink Isomil omdat sy laktose intollerent is.

Enige idee wat ons kan doen want ek is bang sy ontwater of iets. Sy het nie oor of mangelprobleme nie, ons het daarna gekyk.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moeilik om seker te kan wees oor die rede dat jou babatjie nie haar formule wil drink nie. Sy is tans seker op antibiotika behandeling vir haar urineweginfeksie.Die dokter het seker gemaak dat sy nie mangelonsteking het nie.Miskien hou sy nou nie van die soja formule. Probeer NAN LF of S26LF en sien of sy een van hierdie laktose-vry formule sal drink.Indien sy nie wil drink nie sal dit nodig wees om haar dokter weer te raadpleeg om seker te maak dat sy nie ontwater nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.