Childhood Diseases

Question
Posted by: svw | 2009/09/03

Q.

baba

hi daar dr.
My baba seuntjie is nou 4 maande oud. Hy het nog nooit deur geslaap nie. Ek het nou net begin met vaste kos het dalk gedink hy sal dan beter slaap, Maar niks het verander nie. Hy slaap vir so 2 ure aaneen en word dan huilend wakker. Ons kry hom dan rustig en slaap hy dan weer net so 2 ure. Sy neusie is nie toe nie so dit is nie die probleem nie. Ek weet nie meer wat om anders te doen nie. Hy kry so 3 x 150ml bottels in die dag en sy voor hy gaan slaap 200ml. Hy het nie koors nie.
Wat kan die probleem wees

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Op 4 maande behoort jou baba seuntjie 7kg te weeg.Hy behoort elke dag omtrent 140ml x 7=980ml melk te dink. Tans drink hy net 650ml per dag. Dit mag dus wees dat hy snags nog honger raak en daarom so gereeld wakker word. Hy het nou eers begin vastekos eet maar dit het tot dusver geen verskil gemaak nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Ansue Van Der Heever | 2009/09/23

Goeie dag my baba is nou 8 maande oud en wil niks weet van in die aande slaap nie hy slaap saam met ons in ons kamer in sy eie kot en word elke uur wakker wat kan ek doen sodat hy beter slaap. Hy eet so 6 uur in die aande purity en dan 8 uur drink hy sy laaste melk bottel.

Reply to Ansue Van Der Heever

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.