Childhood Diseases

Question
Posted by: Christiaan | 2012/07/23

Q.

Astravent pompie

My seuntjie van 2,5 jaar oud het brongitus gehad en die dokter het vir hom ''n astravent pompie voorgeskryf. Hy is nou vir ''n tweede keer hierdie winter siek, hy hoes weer en sy neusie loop. Kan ek vir hom met sy pompie spuit? Is die astravent pompie veilig en hoe gereeld kan ek dit spuit? Hy was in die begin van die winter op 2 stelle antibiotika, eers cepodem en toe augmentin.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Is jy seuntjie miskien by 'n creche want sy herhaalde borsontstekings is tipies van die 'creche-sindroom'? Hy word gereeld aangesteek deur ander kinders met verkoues wat ook die creche bywoon. Hy kan beslis die Asthavent pompie gebruik. Dit is baie veilig en sal goeie verligting bring indien sy bors hyg [wheeze] of hy 'n 'toe bors' het. Hy kan twee spuite driemaal per dag gebruik indien dit nodig is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.