Childhood Diseases

Question
Posted by: Ami | 2010/08/31

Q.

Asma en Singulair

Goeie dag Dr. en by voorbaat dankie vir u raad.

Mmy dogtertjie van 2jaar en 4maande sukkel soos ek met allergie. Sy is nou meer as ''n jaar op 2.5ml Zyrtek in die aand en ek moet se ons het hierdie jaar al goed gedoen sonder ander medikasie.
Die afgelope ruk merk ek op dat as sy aktief raak (bv. springkasteel spring) of opgewonde of angstig dan trek haar bors toe. Sy hyg en hoes dan asof sy sukkel om asem te kry en dit " wheez"  dan vir ''n ruk. Sy hoes nie regtig in die nag nie maar as sy wakker word in die oggend. Somtyds deur die dag. Ek het dit aan my huisdokter genoem toe ek by hom was en hy het gese ons moet haar dan op Singulair sit. Wat is u mening hieroor.
Weereens baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy is baie welkom. Jou dogtertjie se simptome is beslis die van asma. Sy moet so gou soos moontlik begin op Singulair om haaar asma simptome onder beheer te bring.Haar dosis sal wees Singulair 4mg tablet elke aand voor sy gaan slaap.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.