Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerde mamma | 2012-10-23

Q.

asma

Hi dok, my dogtertjie het asma. Sy het nou onlangs vir die eerste keer n asma aanval gehad en was vir n paar sekondes weg. Gelukkig het my man haar bygekry en ons het hospitaal toe gejaag. Sy is op medikasie en daar is al vir ons gese sy is allergies vir stof, onkruid, grassade en diere. Die asma het ook veroorsaak dat sy sukkel met ''n leerprobleem. Sy wil so bitter graag n hondjie he. Ek het gehoor sommige mense se ons moet vir haar n golden retriever koop en ander weer n yorkshirre terrier. Wat stel dokter voor?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogtertjie het ongelukkig 'n erge graad van asma. Boonop is sy hoogs allergies vir baie dinge maar well ook vir diere. Dit is glad nie 'n goeie idee om op hierdie stadium 'n hond vir haar te kry nie. Daar is geen honde wat nie allergenies is nie. Wag tot haar asma beter onder beheer is, miskien oor 'n jaar of twee.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Bekommerde mamma | 2012-10-24

Baie dankie vir die terugvoer. Ek sal beslis wag en nie kanse vat nie.

Reply to Bekommerde mamma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.