Childhood Diseases

Question
Posted by: L | 2010/03/16

Q.

Antibiotika

Goeie more dokter,

Ek wonder nou al so 2dae lank hieroor. My dogtertjie van 19maande het seker nog net 3 keer van geboorte af deurgeslaap. Sy is vreeslik onrustig terwyl sy slaap en as sy wakker word in die aande dan huil sy totdat ek haar rustig maak. (en sy word so 3-4 keer per aand wakker).

Wat vir my baie vreemd is, is dat elke keer wat sy op antibiotika is dan so by die 2-3de dag wat sy dit neem dan slaap sy baie beter. Is dit moontlik?? Is daar dalk iets wat haar kan pla terwyl sy slaap (en die rede vir die onrustigheid) en sodra sy antibiotika neem is dit beter? Maar dis ook net so week en dan slaap sy weer sleg.

Maak die antibiotika haar dalk lomerig? (dit is gewoonlik augmentim)



Expert's Reply

A.

Paediatrician

'n Baie goeie en interessante vraag.Die antibiotika sal haar nie lomerig maak nie. Miskien is die rede dat sy nog 'n probleem het met refluks en sooibrand en die antibiotika sekere bakteriee wat miskien in haar maag mag wees behandel. Binne 'n week of so is die bakteriee terug en die probleem weer daar.Dit sal help om haar gereeld 'n probiotika te gee.Probeer ook Gaviscon Liquid 5ml voor sy in die aand gaan slaap en sien of sy rustiger slaap.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.