Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2008/07/21

Q.

Antibiotika

My seuntjie, 16maande, het laasweek oor- en keel infeksie gehad, vir die eerste keer. Ek het Orelox Junior vir hom gegee, 5ml 2 x per dag vir omtrent 4 dae. Ek vermoed hy is nog nie heeltemal gesond nie, want hy spoeg steeds vreeslik baie en vat aan sy oortjies. Hy hoes ook groen slym en die neusie loop. Ek vat hom vanmiddag na die kliniek suster toe, dat sy kan kyk. As die ore en keel nog ontsteek is, moet hy weer antibiotika kry en dan ' n ander soort (oor Orelox nie gewerk het nie)?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit lyk wel asof jou baba nog nie van sy onlangse siekte herstel het nie. Dit mag wees dat die Orelox nie die regte antibiotika was vir hierdie ontsteking nie. Hy sal seker nog 'n kursus van 'n ander antibiotika nodig he indien sy ore nog ontsteek is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.