Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2010/05/07

Q.

Antibiotieka en ander vrae

My seuntjie het nou die 2de keer in ''n maand oorontsteking. Hy is op Augmentim vir 10 dae. Vandag is dag 7, maar sy neusie loop verskriklik en is heeltemal toe in die nag. Hy hoes ook vreeslik as hy slaap. Hy was vir 5 dae op Proton en Illiadin, maar die 5 dae is verby. 1) Wat kan ek vir hom gee - dalk Deselex? 2) Is daar iets om sy immuunstelsel vinnig op te bou? Ek moet hom oor 5 weke ENT toe vat om te kyk of die vog en drukking verminder het. 3) Moet ek hom vroë er vat?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is baie belangrik dat jou seuntjie se neus oop moet wees dat die vog wat in sy middelore is kan uitloop deur sy Eustachius-buise.Gebruik net Salex of Sterimar baie gereeld om sy neusie oop en skoon te hou.Aangesien hy onlangs twee keer antibiotikas gehad het is dit baie nodig om vir hom 'n probiotika te gee soos bv Reuteri of Probiflora. Hierdie moet vir minstens 10 dae toegedien word en sal ook help om sy weerstand weer op te bou.Dit is nie nodig om die ONK spesialis vroeer te raadpleeg nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.