Childhood Diseases

Question
Posted by: Amanda | 2009/12/03

Q.

Angs of Nie?

Goeiedag Dokter,

Ek het ' n baba seuntjie wat more 15 weke oud is, ek wil net asb uitvind of dit normaal is dat wanneer hy opgewonde raak as hy met iets speel of as iets sy aandag aftrek raak sy handjies en voetjies yskoud en sweeterig, ek hoop nie dit is ' n tipe van ' n angs nie en kan babas angs kry? So ook as ek vir hom sy bottel moet gee en hy is vaak (dalk oormoeg) kry hy ' n huil uitbarsting en moet ek hom behoorlik troos en sis voor hy kalmeer en dan die bottel vat, is dit ook normaal? Dankie vir al die vrae wat Dokter vir ons beantwoord. Lekker dag.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Soms kan babas se hande en voete bly koud word en kan ook sweeterig raak. Dit is gewoonlik heeltemal normaal en tydelik.Indien jou baba na een maand nog aanhou met sy koue hande en voete en sy 'angstige' gedrag sal ek aanraai dat sy pediater hom moet ondersoek en veral seker maak dat sy tiroied toetse normaal is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.