Childhood Diseases

Question
Posted by: mommy 2 | 2010/06/17

Q.

allergiese reaksies

my 4 jarige dogtertjie het vir die afgelope 2 weke n uitslag wat kom en gaan dit lyk soos masels maar dit is nie ek het haar al by 6 verskillende dokters gehad en hulle se dis n virus of dis n allergie of die of daai ek weet nie meer watse kant toe nie.maar wat ek wel agter gekom het as sy suiker inkry soos n lekkertjie of tee met suiker of pap met suiker dan slaan sy uit en dan is die uitslag erg.sy kla nie dat dit jeuk nie.asseblief help my ek weet nie meer wat om te doen nie.sy is nou op preflam stroop en allergex dit lyk nie of dit enige iets verbeter nie.kan sy allergies wees vir SUIKER???????????????

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is baie moeilik om seker te kan wees oor die diagnose van 'n veluitslag sonder om jou dogtertjie kan ondersoek nie. Dit is onwaarskynlik dat hierdie uitslag 'n allergiese uitslag is aangesien dit glad nie jeuk nie.Verder het die medisyne wat 'n allergiese uitslag genees soos die Preflam en Allergex geen verskil gemaak nie.Dit is ook onwaarskynlik dat sy vir suiker allergies is maar sekere kleursels en preseveer middels wat in lekkers gevind word kan so 'n uitslag veroorsaak.Aangesien jou dogtertjie al 6 dokters gesien het sonder enige vordering is dit belangrik om 'n diagnose te maak. Die beste sal wees om 'n pediatriese allergis te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.