Childhood Diseases

Question
Posted by: Antoinette | 2011/01/18

Q.

Allergies vir melk

My dogtertjie is nou 18maande oud. Sy het op 6 maande ophou melk drink. Sy kry net bietjie melk in soggens met haar pap en laat middag gee ons vir haar weer pap sodat sy nog melk kan inkry, andersins weier sy om melk te drink. Ek het geborsvoed tot op 4 maande, toe is ek terug werk toe en het ek haar op formule geplaas - NAN1, toe NAN2 en toe NAN3. Die klinieksuster was nie bly oor die feit dat sy nie melk inkry nie en my toe verwys na ''''n Dieë tkundige wat voorgestel het dat ek melk oorals byvoeg waar moontlik. Ekstra skeppie melk by pap, in jogurt ens. Op 16maande kry sy ''''n veluitslag op haar armpies wat na ''''n week lyk of sy baie erg gesonbrand het. Na drie weke se behandeling van kortosoon was dit bietjie beter maar nogsteeds nie weg nie. Ek het haar na ''''n Homopaat geneem wat haar toe gediagnoseer het - allergies vir melk, aarbeie, piesangs, kiwivrugte en kathare. Sy is net allergies vir melk en nie alle melk produkte nie. Ek het haar oorgeskakel ne ISOMIL sojamelk. Ek hoor nou hulle së  dat sojamelk nie goed is vir babas of grootmense nie. Hulle stel voor ek sit haar op bokmelk, maar daar lees ek ook dat daar sekere voedingstowwe kort in bokmelk. My dogtertjie het heeltemal herstel van haar allergiese veluitslag na 2 weke op die sojamelk. RAAD ASB - kan ek haar los op die sojamelk?
Enige raad welkom.
Dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hou haar beslis op die sojamelk. Isomil3 is nou beskikbaar en is 'n baie goeie en veilige alternatief vir gewone melk op hierdie ouderdom. Jou dogterjie sal definitief ook allergies wees vir enige suiwel produk en dit moet ook vermy word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Antoinette | 2011/01/19

Dankie dokter. Sal so maak.

Reply to Antoinette

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.