Childhood Diseases

Question
Posted by: Anne-Rita | 2012-07-18

Q.

Allergiee

More Prof, ons dogtertjie is 13 1/2 maande oud, weeg 11,4kg. Sy is normaalweg baie gesond, eet en drink baie goed. Ons sukkel die afgelope 3 weke met n konstante loopneusie, dit het begin soos water maar het geel geword die laaste week, tesame met n nat hoesie. Sy was bietjie koorsig die laaste 2 dae, koors is gebreek, 2 nuwe tande uitgekom en sy is nou 100% behalwe vir die loopneus! My apteker dink sy het n tipe van n allergie, ge-erf van my of my man. Hy het asma gehad as kind, dit ontgroei. Ek het asma ontwikkel om 30 jaar en het dit nou nog. Ons albei lei ook aan hooikoors. Kan dit wees dat sy dit ge-erf het van ons en dis hoekom ons nie die neusie opgeklaar kry?? Ek neb haar in die aande, gee Allecet (2,5ml) saans maar dit lyk nie of dit help. Moet ek die dosis van die Allecet verhoog en kan ek dit elke dag gee? Baie dankie vir u raad!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba dogtertjie se loopneus probleem is tans as gevolg van 'n verkoue, maar sy het ook simptome wat as gevolg van neus allergie mag wees. Wat snaaks is is dat Allecet geen verskil maak nie, want hierdie medisyne is 'n antihistamien en behoort te help indien sy wel allergies is. Gebruik Salex neusdruppels soggens en saans. Indien sy na 10 dae nog sukkel met 'n toemeus sal dit die beste wees om haar pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.