Childhood Diseases

Question
Posted by: Alice | 2011/11/15

Q.

Allergie

My baba dogtertjie het n allergie telling van 29. Die dokter sê  dis baie hoog. Dis met n bloedtoets vasgestel - beteken dit dat sy oor die algemeen baie allergies is, of sal die allergie verband hou met iets waaraan sy bloodgestel is?
Ek vermoed sy is allergies vir Johnsons babaprodukte - sy kry n uitslag selfs na ek hul aquaroom gebruik het.
Ek vermoed ook dat sy n vis-allergie het agv n ekseem toe ek geborsvoed het en met n vakansie baie vis geë et het.
Sy is egter laas hieraan bloodgestel voor sy 12 maande oud was.
Sal die hoë  allergie-telling iets nuut wees?
Bloedtoetse is gedoen vir suiwel, soya, eier, sekere medisyne en algemene goed wat ingeasem word - alles negatief.

Moet ons verder soek?
Hoe gaan ons verder? Is daar iemand soos n allergie-spesialis, of hoe nou?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie toets wat hoog was is seker die IgE toets. Dit hang af van jou baba dogterjie se ouderdom of hierdie telling van 35 eintlik baie hoog is of nie. Al die ander toetse vir spesifieke allergene was negatief. Ongelukkig het die dokter haar nie vir vis getoets nie. Of dit nog nodig is vir nog toetse hang af van jou baba dogterjie se huidige simptome. Indien sy nie ekseem het nie of enige neus allergie is dit nie nodig vir nog toetse nie.Die belangrikste allergie toetse is al klaar gedoen.Dit is bekend dat babas allergies mag wees vir sekere van die Johnson produkte en ook vir aqueous cream. Indien haar vel droog is sal dit veiliger wees om Epimax Junior te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.