Childhood Diseases

Question
Posted by: Antoinette | 2011/01/19

Q.

Allergie

More Dokter,
Ek het gister vir u ''n vraag gestel rakend my 18maande oue dogtertjie wat allergies is vir melk en u het toe voorgestel dat ek haar op die sojamelk Isomil3 hou. Behalwe vir die allergie tot melk is sy ook allergies vir aarbeie, piesang en kiwivrugte. Sal die allergie net wees teenoor die vars produk of enige voedsel of vloeistof met ''n aarbei, piesang of kiwi geursel? Sy hou van haar broodjie - brood het melk in maar nie baie - is die brood veilig of moet ek ''n alternatief kry?
Dankie vir die advies.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wanneer kinders baie allergies is vir melk is dit beter om alle suiwel produkte te vermy. Daarom sal dit veiliger wees indien sy nie brood wat melk bevat eet. Koop brood wat hulle elke dag vars binne die winkel by Spar of Pick n Pay bak. Vra eers of hulle brood miskien enige melk bevat.Alhoewel vars vrugte gewoonlik meer allergies is, is dit altyd veiger om alle vorms van voedsel wat van hierdie vrugte bevat te vermy insl konfyt ens.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.