Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2010/09/16

Q.

ALLERGIE

Middag Dr

My seuntjie is 20maande en weeg 11.6kg. Ek wil graag hoor, my seuntjie het gisteraand `n waffer koekie geeet met peanut butter op. Teen slaaptyd was sy een ogie rooi maar ek het nie veel ag daarop geslaan nie. Gedink dit is moegheid.

Vanoggend toe huil hy vir `n broodjie en ek dink toe ek doen hom `n guns en sit toe bietjie peanut butter op skaars `n mespunt vol omdat dit die eerste keer is dat ek hom blootstel aan peanut butter.

toe ek weer sien het hy 4 rooi knoppies om sy mondhoeke wat lyk soos wit puisies, en sy ogie word toe rooi. Hy het sy ogie bly vryf en hoe meer hy gevryf het hoe rooier het die oog geword en geswel. Ek het dadelik `n allergie vermoed en Demazin gegee a.g.v diefeit dat dit `n anti histamien bevat, en ek niks anders gehad het om te gee nie. Hy het gelukkig ophou krap en aan die slaap geraak.

Het hom apteek toe gevat en hulle se dit is nie pienk eyes nie.
Ek vermoed dit is `n allergie, kan dit wees?

Sy ogie is nog rooi maar nie meer geswel nie?

Ons het nie `n familie geskiedenis van allergie nie net asma, sy pa was net allergies vir piesangs toe hy klein was?

Hoe behandel `n mens `n allergie sou dit dan `n grondboontjie allergie wees

Dankie vir dokter se raad, dit word opreg wardeer, daar is min dokters wat hulle tyd so sal opoffer soos dokter,

Groete

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy is baie welkom. Jou seuntjie het beslis 'n allergiese reaksie gehad vir die peanut botter. Hy moet aub so gou soos moontlik vir peanut allergie getoets word. Die beste sal wees om 'n pediatriese allergis te raadpleeg. Intussen is dit nodig om Zyrtec syrup by die huis te hou. Indien hy weer so 'n allergiese reaksie ontwikkel moet hy dadelik Zyrtec 2.5ml ingegee word. Hy moet alle neute heeltemal vermy.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.