Childhood Diseases

Question
Posted by: TK | 2008/10/31

Q.

Allergie?

Hallo Dokter

Kan n kind allergies wees vir n vrug? Dit klink dan vir my so snaaks, gewoonlik is dit melk of graan of neute of seekosse? Nou die aand toe gee ek my kleintjie van 2 jaar n stukkie kiwivrug, wat ek dink ek nog net een keer vir haar gegee het, en sommer vinnig het sy uitgeslaan op haar gesiggie, die ogies het geswel en sy het oral op haar gesig knoppies begin kry, dit het gelyk soos n rooiheid met klomp wit knoppies. Daar waar sy met haar handjies gevat het aan die vrugte, het sy ook so uitgeslaan. Dit was nou al twee weke terug, en sy bly hierdie rooi in die waaie van haar armpies en beentjies he, dit het gekom vandat sy die uitslag gehad het. Is daar dalk iets wat ek daaraan kan smeer, terwyl ek nou op die onderwerp is? Ek die groot vraag is of sy dan allergies vir kiwivrug kan wees?

Ek het gisteraand gou n toets gedoen en n stukkie kiwi aan haar armpie gesmeer, toe slaan sy weer so uit op die plekkie wat ek gesmeer het.

Is daar iets wat ek byderhand moet hou as sy per ongeluk kiwi inkry en haar borsie trek dalk toe (alhoewel dit nie laas gebeur het dat sy asemhalingsprobleme gehad het nie)? Of sal dit nie gebeur as dit nie laas so gebeur het nie?

Baie dankie!

TK

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Kiwivrug is 'n uiters allergeniese en gevaarlike vrugte vir veral jong kinders indien hulle daarvoor allergies raak.Jou dogtertjie het 'n baie erge allergiese reaksie gehad en die volgende reaksie mag miskien noodlottig wees indien haar keel toeswel en sy nie kan asem haal nie!Dit is dus uiters noodsaaklik dat sy getoets moet word alhoewel daar geen twyfel bestaan dat sy vir kiwivrug allergies is.Dit is nodig om 'n voorskrif vir 'n adrenalien spuit te kry vir nood gebruik ['n Epipen Junior] Dit is ook nodig om dadelik Zyrtec stroop 5ml vir haar te gee indien sy weer met die eerste simptome van 'n allergiee reaksie begin toon. Die beste sal wees om in pediatriese allergis so gou soos moontlik te raadpleeg. Daar is sulke spesialiste in al die stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.