Childhood Diseases

Question
Posted by: JK | 2012/05/24

Q.

Allecet

Prof, ek het Maandag vir u gevra oor die antibiotika en Allecet wat voorgeskryf is vir ons baba dogter van 11 maande vir oorinfeksie en loop neusie. Ons gee die Allecet saans vir haar maar vanaf Dinsdag aand slaap sy vreeslik sleg snags. Sy is wakker elke uur/ 2 ure en ons sukkel om haar weer aan die slaap te kry. Kan dit n newe effek van die Allecet wees? Kan nie dink dat die antibiotika haar snags sal wakker hou nie! Die neusie klink al baie beter, miskien moet ek maar ophou met die Allecet en liewer Rinex stropie gee? Is Rinex veilig om te drink vir lang periode? Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek glo nie dat die Allecet die rede is dat jou baba so rusteloos is. Dit is miskien as gevolg van oorpyn of 'n ander rede. Moet nie Rinex gebruik aangesien dit nie vir babas aanbeveel word.Die beste sal wees om haar dokter te vra om weer na haar ore te kyk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.