Childhood Diseases

Question
Posted by: Lynne | 2009/11/16

Q.

Albei kinders siek

Goeiedag dokter,

My seuntjie is amper 5 en my dogtertjie is amper 16 maande.

My seun is van saterdag af verskriklik geblok in sy neus, hy nies en is koorsig. Mens kan sommer sien hy is pap en vol verkoue/griep. Ek spuit sterimar en gee panado vir koors asook ACC200. Ek babyvac hom ook 2x per dag, ek gee vitamien aanvullers asook vit c ekstra. Ek verstaan u is ' n voorstaander van slegs salex in die neus, maar wat meer kan ek gee omhierdie op te klaar? Sinuclear/Rinex/Flusin/Dimetapp - daar is SO baie produkte ek weet nie meer watter een om te gee nie. Ek het ook celestamine wat ek kan gebruik.

Wat stel u voor vir hom dat dit kan opklaar?

My dogterjie was so paar weke gelede siek - sy het singulair, vibrocil neussproei, vitamienes, sterimar en ek babyvac haar ook. Vanoggend begin haar niesery ook en sy hoes.

Wat stel u voor kan ek vir haar gebruik om dit op te klaar?

Baie dankie!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Albei van jou kinders het slegte verkoues wat deur 'n virus veroorsaak word. Antibiotikas sal nie help nie. Moet aub nie Celestamine gebruik wat 'n sterk kortisoon is. Die medisyne wat hulle tans gebruik veral die Salex, Panado en ACC200-en ook die babyvac is allles veilig en sal baie help.Gee ook 'n probiotika soos Probiflora of Reuteri om hulle weerstand op te bou.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.