Childhood Diseases

Question
Posted by: Angel | 2010/02/11

Q.

Al weer grommits!

Beste dokter,

My dogtertjie is nou 8 maande, en op 3 maande het sy grommits in albei ore gekry. Sy was Maandag by die pediater, en al ore is al weer rooi. Sy is nou op betanoid/allergex, en die dokter het gese as dit nie beter is teen volgende week vrydag moet sy weer grommits kry.

Hoe gesond is hierdie storie vir haar? Ek kan nie verstaan hoekom sy nou weer grommits moet kry nie? Hou dit dan nie solank in die ore nie of wat? Ai ek wil haar regtig nie weer deur die drama sit nie.
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Grommets sal gewoonlik na drie maande vanself uitval.Dit is dus heel moontlik dat jou baba dogter weer grommets nodig het. Dit hang natuurlik af van die opinie van die oor spesialis wat jou baba weer sal moet ondersoek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Angelique | 2010/05/01

goeie dag, ek is ''n eerste keer mamma van ''n seuntjie wat nou 7 maande is. hy is die vriendelikste kind, maar kry skreeu buie met rooi ore en hy " klap/trek"  sy ore as hy huil. ek het eers gedink dit is oor die tande sny, maar die ore raak nie beter nie. tov ''n blaaskans vir my en my man na 7 maande het hy vir ''n week by my ma in PTA gaan kuier. Sy het my geskakel en gese sy dink hy moet grommits kry. Ek gaan hom vanmiddag in Gauteng gaan haal (ek is in die vrystaat) maar is nou nie seker hoe werk die grommits nie. doen ''n dokter dit in sy spreek kamer, word dit in die hospitaal gedoen? hoe dramaties is dit vir die kinders?

Reply to Angelique
Posted by: Aims | 2010/02/11

Hi.. net my input. My dogtertjie het al 3 stelle grommits laat in sit. Haar eerste stel was op 8 maande, twee weke na die operasie het hulle uitgeval omdat haas oortjies baie vog in gehad het. Die tweede stel is op 16 maande ingesit wat baie lank gehou het. Sy' t nou 3 weke terug die 3rd stel gekry en sy' s nou 5. Al wat ek kan se is my dogtertjie is ' n ander kind met die grommits en baie gesonder. Shame, as hulle so gou uitval moet dit nogals erg wees! Hou moed! Gelukkig sal die dokters dit nie onnodig doen nie. STERKTE
Aims

Reply to Aims

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.