Childhood Diseases

Question
Posted by: dia | 2011-11-21

Q.

Aggresiewe dogtertjie

Ek het die rustigste kind gehad, tot sy 18maande geword het en haar eetgewoontes verander het. Sy is aggresief, byt, slaan en stamp kinders. Het al als probeer van omega olies aanvulling, rescue, pakslae, wegvat van goed wat vir haar belangrik is, stoutestoeltjie, you name it I have done it. Nou sê  iemand ek moet haar op die bloedgroep dieet sit? Gaan dit werk?

Watse terapeut kan ek gaan sien wat vir my kan sê  wat is fout met my kind?

Ons vriende wil nie eers meer baie by ons kuier nie want sy baklei net heeltyd. Sy is nou 2jr en 10maande. Sy is een oomblik die dierbaarheid vanself en dan ewe skielik verander sy in ''n monster. Asb help! Ek is emosioneel so uitgeput. Het nog ''n 5 maande dogtertjie wat BAIE ma vas is en wat nie van die bors af wil gaan nie. En my man is nie regtig baie betrokke nie. Hulle sal eerder by my wees as by hom. Hy doen nie veel met hulle nie. Speel net soms.
Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort gedrags probleem kom baie dikwels voor onder kinders van hierdie ouderdom. Behalwe die feit dat jou dogterjie nou die 'terrible two's' deurgaan is daar nog minstens twee redes dat sy so gefrustreerd raak; eerstens die feit dat haar baba susie nou soeveel aandag kry en tweedens die feit dat haar pa so min tyd aan haar bestee.Hy moet begin betrokke raak met sy oudste dogtertjie en haar tyd en liefde gee en gereeld met haar speel. Dit sal nie help om haar pakslae te gee of die 'time out' metode te gebruik nie,want dit sal hierdie gedrags probleem net vererger.Indien sy aanhou met hierdie gedrag sal dit nodig wees om 'n kindersielkundige te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.