Childhood Diseases

Question
Posted by: Lu | 2011/01/24

Q.

ADD / of sommer net ''n besige kind..

Die naweek het ons amper 3jarige ons omtrent mal gemaak. Hoe onderskei ek tussen moontlike ADD en net ''n baie besige meisietjie. Ek het gister begin wonder of ek nie moet uitkyk vir ADD in my meisiekind nie, sy het die hele naweek skaars ''n oomblik stil gesit, sy kry nie baie soetgoed nie en sal eerder chippies eet as lekkers. Ek het wel saterdag koek gebal en sy het haarself gehelp met die versiersuiker so dit kan saterdag se hiperaktiwiteit verduidelik, maar sonder het sy heeldag rond gehop soos ''n opgewonde hasie. Ek weet nie of ons haar dalk nie genoeg besig hou nie en of dit dalk iets te doen het met haar 8mnde oue baba boetie (aandag soek). Sy wil heeltyd met hom speel en hom optel en sy hande vashou hou, maar hy hou natuurlik glad nie daarvan nie so ons moet aanhoudend vir haar se om haar boetie of uit te los of net sagter met hom te speel. Sy na-aap ook deesdae vir my en wil heeltyd " mamma"  speel, en gebruik natuurlik haar boetie as proefkonyn. Sy sing kliphard en hop rond ek vra haar om rustig te speel en nie so hard te sing nie dan is dit net 2-3minute voor sy weer uit vollebors aangaan. Ek probeer haar soveel moontlik positiewe aandag gee en belangstelling toon in wat ookal sy besig is meer maar kan ook net tot op ''n punt dit doen. Ek kan nog baie voorbeelde noem maar ek hoop dis genoeg. Het ek nodig om bekommerd te wees en wie nader ek eerste as ek haar moet laat toets?

Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek glo nie dat jou dogterjie die tekens van ADD het nie maar liewers heeltyd op soek is na aandag as gevolg van haar baba boetie en die aandag wat hy elke dag moet kry.Sy moet wel ingespan word om te 'help' met haar boetie en daar moet deurentyd opgemerk word dat sy nou doe groot suster is. Miskien kan sy die baba se luiers gaan haal wanneer nodig en bietjie help met bad ens. Haar pa moet elke aand vir haar lees en hy moet ook beslis positiewe aandag vir haar gee veral wanneer jy besig is met haar baba boetie. Moet haar beslis nie chippies laat eet nie veral die wat MSG bevat en ook geen lekkers nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.