Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2010-11-01

Q.

Aanhoudende Infeksie

Middag dr,

My seuntjie is 22 maande en het in die afgelope 11 maande 7 keer mangelontsteking gehad hy is tans weer op antibotika vir mangelontsteking. Hy gooi steeds baie maklik op a.g.v die reflux hy is steeds op Nexium 10mg 1 keer `n dag. Elke keer as hy opgooi `n week daarna sit hy met mangelontsteking. Ontsteek dit dan die mangels?

Hy het ook vir 3 dae `n toeneus gehad voor die mangelontsteking, waarop ek vir hom Demazin en Sterimar gegee het, maar dit lyk my dit het nogsteeds nie voorkom dat hy mangelontsteking kry nie. Ongelukkig is dit nou so dat my kind elke keer op `n Vrydagmiddag of Aand siek word wanneer sy pediater alreeds weg is, dan moet ons maar staat maak op die GP. Hy lag my elke keer nog uit as ek sê  ek soek die Sterimar en Reuteri, hy glo nie daarin nie. Dit is baie frustrerend en ek is raadop.

Hoekom kry kinders toe neusies, jammer oor al die vrae.
Maar ek vertrou dr se raad, en weet dr gee baie om!!
Weereens dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is 'n plesier. Jou seuntjie se probleem kan baie maklik opgelos word want ek vermoed dat hy twee probleme het. Eerstens kry hy aanhoudend mangel onsteking en tweedens is dit byna seker dat sy adenoiede vergroot is en sy neusie erg verstop. Ek is verbaas dat jou seuntjie nog nie na 'n ONK spesialis verwys is nie om sy mangels en adenoiede te verwyder.Sterimar is 'n baie goeie en veilige neusspuit om jou seuntjie se toe neus te behandel en die Reuteri is 'n goeie behandeling om sy weerstand op te bou. Boonop het jou seuntjie 'n probiotika nodig na al die antibiotikas wat gereeld voorgeskryf word.Dit is nodig om so gou soos moontlik die afspraak met die ONK spesialis te reel.Hou intussen aan met die behandeling vir sy refluks.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: mazelle steyn | 2011-03-02

Naand Dr.

Ek wil net graag weet wat die kostes is aangaande n mangeloperasie op n driejarige indien ons dit privaat wil laat doen.

Dankie

Reply to mazelle steyn

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.