Childhood Diseases

Question
Posted by: Adele Davids | 2010/11/03

Q.

Aanhoudende hoes

Middag Dokter

My kind hoes nou al van April af, en hoes nogsteeds. Sy is 22 maande en word Desember 2. Ons pediater het nou al als probeer en haar nou gediagnoseer met asma. En het Singulair en ''n Avesco pompie nou voorgeskryf. Dit is al beter, maar nog nie weg nie. Dit gaan vir so 2-3 dae goed, en dan begin dit net weer, en dis veral as sy gaan lê  om te slaap en baie erg in die aande en as sy hardloop. Sy het nou al pypies in die ore ook gekry en kortisoon behandeling gehad. Haar neus is ook vreeslik droog en bloederig binne, ek gebruik daai Sterimar vir die neus. Al wat werk is as ek haar stoom in die aande. Geen hoesgoed wil werk nie.

Is dit nou maar ''n chroniese ding of is daar iets anders wat ons kan probeer?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag.Daar is van jou dogtertjie se simptome wat deur asma veroorsaak mag word veral die feit dat sy in die aande erg hoes en ook hoes wanneer sy hardloop. Maar die diagnose is nie seker nie.Sy is op baie goeie medisyne begin wat gewoonlik gebruik word om asma te behandel, maar tog hou sy aan om na 2 of 3 dae weer erg te begin hoes.Alvesco word nie vir kinders jonger as 12 jaar gebruik nie en sy kan nie aanhou om dit te gebruik nie. Sy moet aanhou om die Singulair te neem en probeer Salex neusdrupples in haar neus in plek van die seewater spuit [Sterimar]. Aangesien daar nog nie 'n vaste diagnose gemaak is nie, sal ek aanraai dat jou dogterjie deur 'n pediatriese pulmonoloog ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.