Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012-10-16

Q.

Aandete vir 16 maande oue dogtertjie

Prof, is dit nodig vir ons dogtertjie om saans ook kookkos te eet? Ons sukkel vreeslik met die aandete, by die creche (en huis oor naweke) eet sy al haar pap in oggend, kookkos middae maar saans wil sy glad nie eet nie, ek kry net n yogart en 3-hoek kasie in, sy snack wel, droee wors, piesang, druiwe, ens as sy 4h van creche afkom. Ek het al probeer om die snackies weg te neem maar ook dit help nie! Het ook al op internet gekyk na idees vir aandete (vinger etes geniet sy soms) maar die verdere probleem is dat sy glad nie eier wil eet nie of brood, maak nie saak in watter vorm dit is nie of hoe interessant ek dit probeer maak nie! Het al alles probeer, visvingers, worsies maar sy vat net 1 happie en dan soek sy haar yogart en kasie! Moet ek stres of is dit al wat sy dalk nodig het? Aandete is besig om n oorlog sone te raak! Sy weeg 12,5kg.
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die gemiddelde gewig vir 'n dogtertjie van 16 maande is 9.9kg. Dus is daar geen probleem met jou dogtertjie se gewig nie! Sy is heel gelukkig om elke middag haar kookkos te eet en dit is heeltemal genoeg vir een dag. Daar is geen rede om elke aand so te sukkel dat sy weer kookkos moet eet. Sy kan 'n ligte aandete geniet,vingerkos of net wat sy wil eet. Dit sal ook baie gesond wees vir haar en almal in die huis sal die aande weer saam kan geniet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.